Landbou Sektor SEB Kodes en grondhervorming

Boere moet kennis neem van die konsep Landbou Kodes (“Agri-Kodes”) vir Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (“SEB”) wat onlangs publiseer is. Hierdie kodes is huidiglik nog in konsep fase, maar mag in die nabye toekoms in werking tree. Die Agri-Kodes is van toepassing op alle boere en ook entiteite wat primêr betrokke is in die produksie, storing en verspreiding van landbou produkte.

Sodra die Agri-Kodes in werking tree sal die SEB-telling van ‘n besigheid, soos ‘n boerdery, wat binne die trefwydte van die Agri-Kodes val, bereken word deur gebruik te maak van die Agri-Kodes se telkaart. Hierdie Agri-Telkaart bevat dieselfde sewe elemente as die generiese SEB Kodes wat uitgevaardig is deur die Department van Handel en Nywerheid (“Generiese Kodes”), maar die toepassing, teikens en punte toekenning verskil van die Generiese Kodes.

Die Agri-Kodes maak dieselfde standaard onderskeid tussen klein, medium en groot besighede in die Agri-sektor, en koppel verskillende teikens en vereistes aan die verskillende kategorieë spesifiek met hierdie sektor in gedagte.

Besighede met ‘n omset van minder as R5 miljoen word geklassifiseer as Vrygestelde Mikro Ondernemings (“VMO”) en sal outomaties ‘n vlak 4 of selfs 3 SEB bydraer wees afhangende van die vlak van swart eienaarskap in die besigheid. ‘n SEB sertifikaat of ouditeursbrief wat die omset bevestig is genoegsame bewys van hul status as VMO.

Die tweede klas van entiteite is die Kwalifiserende Klein Ondernemings (“KKO”). ‘n KKO is ‘n besigheid met ‘n omset van tussen R5 miljoen en R35 miljoen. In terme van die Agri-Kodes sal ‘n KKO moet rapporteer onder die beste vyf van die moontlike sewe elemente van die Agri-Telkaart. Elke element tel 20 punte en gee ‘n totaal van 100 punte. Onder die Generiese Kodes hoef ‘n besigheid slegs onder die beste 4 elemente te raporteer, en plaas die Agri-Kodes dus ‘n hoër verpligting op ‘n KKO in die Agri-sektor.

Die derde klas van entiteite is die Generiese Ondernemings. Generiese Ondernemings het ‘n jaarlikse omset van meer as R35 miljoen en moet rapporteer onder al sewe die elemente van die Agri-Telkaart.

Een van die belangrikste verskille tussen die Generiese Kodes en die Agri-Kodes is dat die Agri-Kodes ‘n onderskeid tref tussen twee tipes eienaarskap naamlik Gewone Eienaarskap en Grondeienaarskap. In die geval van Gewone Eienaarskap sal die maksimum telling van 20 punte behaal word as 25% van die onderneming verkoop word aan swart persone wat ook 25% van die stemreg verkry sonder om enige skuld op te loop met die aankoping.

In die geval van Grondeienaarskap kan die maksimum van 20 punte verdien word as 30% van die onderneming se grond verkoop word aan swart persone. Ondernemings wat meer as 30% van hul grond verkoop kan progressief soveel as 5 bonus punte verdien. Waar grond egter oorgedra is as gevolg van onteiening deur die staat sal bonuspunte nie toegeken word nie.

Dit is moontlik is om te rapporteer onder enigeen van die tipes eienaarskap of selfs beide indien die besigheid aan beide elemente van eienaarskap kan voldoen. Belangrik, die Agri-Kodes gee nie magtiging vir onteining nie maar skep die platform vir besighede om goeie punte te verdien indien hulle swart persone betrokke maak in hul besigheid en/of stappe neem om grond te vestig in die hande van swart persone. Goeie en korrekte beplanning en die voldoening aan hierdie Agri-Telkaart kan positiewe gevolge inhou vir ‘n besigheid in hierdie sektor.

Alhoewel hierdie van die kern wysigings is wat die Agri-Kodes daarstel, onthou dat dit nog net in konsep fase is en steeds onderhewig is aan verdere wysigings. Neem dus kennis hiervan en beplan solank strategies, maar moet geen drastiese stappe uitvoer voordat die volle omvang van die finale Agri-Kodes bekend is nie.

August 21, 2012
Protecting creators in the digital era – Copyright amendments

Protecting creators in the digital era – Copyright amendments

Nearly 5 decades after its original enactment, South Africa’s copyright regime is undergoing one of the most significant reforms in its history. The Copyright Amendment Bill [B13F-2017] introduces modern protections to secure the financial and digital interests of authors and performers, thereby strengthening their economic rights in an increasingly digital world. While parts of the Bill remain under constitutional review, a landmark 2025 court ruling has already enforced critical protections for users with disabilities. This article breaks down the primary measures intended to safeguard South African creativity.

The importance of due diligence in M&A

The importance of due diligence in M&A

The excitement of a merger or acquisition often sits in the “big picture” strategy, but the success of the deal lives or dies in the details. Due diligence is not a box-ticking exercise. It is the point at which assumptions are tested, risks are priced, and uncomfortable questions are asked. This article explores why looking before you leap, by conducting a thorough due diligence, is the golden rule of mergers & acquisitions (“M&A”) transactions.

Customary marriages stand equal

Customary marriages stand equal

In a landmark judgment delivered on 21 January 2026, the Constitutional Court pronounced welcomed clarity on the interplay between customary marriages, civil marriages, and antenuptial contracts (“ANC”). The Court, by majority decision in VVC v JRM and Others (CCT202/24) [2026] ZACC 2 (21 January 2026) , declined to confirm a High Court order that had declared section 10(2) of the Recognition of Customary Marriages Act 120 of 1998 (“the Recognition Act”) unconstitutional. The majority decision powerfully reaffirmed the equal constitutional status of customary marriages and established that spouses cannot unilaterally alter their matrimonial property regime without judicial oversight.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest