Hoe om jouself te beskerm as jy geld leen

Die Nasionale Kredietwet is ingestel en magtig die Nasionale Kredietreguleerder om alle krediettransaksies te reguleer. Alhoewel nie alle lenings as krediettransaksies kwalifiseer nie, reguleer die Nasionale Kredietwet baie lenings wat wel as krediettransaksies kwalifiseer. In sulke gevalle verskaf die Kredietwet heelwat regte aan die verbruiker en plaas wedersyds heelwat verpligtinge op die verskaffer van die krediet.

Die Nasionale Kredietwet is ingestel en magtig die Nasionale Kredietreguleerder om alle krediettransaksies te reguleer. Alhoewel nie alle lenings as krediettransaksies kwalifiseer nie, reguleer die Nasionale Kredietwet baie lenings wat wel as krediettransaksies kwalifiseer. In sulke gevalle verskaf die Kredietwet heelwat regte aan die verbruiker en plaas wedersyds heelwat verpligtinge op die verskaffer van die krediet.

Die onderstaande regte moet in gedagte gehou word en kan tot u voordeel wees wanneer u oorweeg om ‘n lening aan te gaan:

  • Versoek bewyse dat die lener instansie geregistreer is as ‘n kredietverskaffer. ‘n Geregistreerde kredietverskaffer moet ‘n registrasie sertifikaat, asook ‘n identifiseringskaart deur die Nasionale Kredietreguleerder, tentoonstel.
  • Versoek voor-ooreenkoms state en kwotasies. Die Kredietwet vereis dat ‘n verbruiker ‘n voor-ooreenkoms staat en ‘n kwotasie moet ontvang voordat ‘n kredietooreenkoms met ‘n kredietverskaffer aangegaan mag word. ‘n Voor-ooreenkoms staat is ‘n dokument wat die terme en voorwaardes van die voorgenome kredietooreenkoms wat die kredietverskaffer met die verbruiker wil aangaan, uiteensit. Daarbenewens moet die verbruiker ‘n kwotasie gegee word wat die kostes van die verlangde krediet uiteensit. Hierdie kwotasie moet die hoofskuld, rentekoers, die totale verskuldigde bedrag, die paaiement en alle fooie, heffings en rentes insluit. Die kwotasie wat die verbruiker ontvang is vir vyf besigheidsdae geldig. Die kredietverskaffer is verplig om krediet te lewer volgens die kwotasie in hierdie tydperk.
  • Maak seker jy betaal nie meer rente en kostes as wat toegelaat word nie. Die Nasionale Kredietreguleerder het voorgeskrewe tariewe vir die verskillende tipes krediet afgekondig. Die kredietverskaffer mag nie meer hef as wat voorgeskryf word nie. Vir klein korttermyn lenings is die maksimum rentekoers vasgestel teen vyf persent per maand en die aanvangsfooi mag nie meer as R1000 wees nie. Vergewis uself van die vasgestelde rentes en fooie of besoek die Nasionale Kredietreguleerder se webtuiste by www.ncr.org.za.
  • Dring daarop aan om periodieke state te ontvang. Die Kredietwet skryf voor dat ‘n kredietverskaffer ‘n verbruiker maandeliks, of indien die ooreenkoms ‘n afbetalingsverkoop-ooreenkoms, huurkoop of versekerde lening is, elke twee maande van ‘n staat moet voorsien. ‘n Lang tussenpose mag met die toestemming van die verbruiker, toegelaat word. Sodanig tussenpose mag egter nie drie maande oorskry nie. In die geval van ‘n verbandooreenkoms, is die verbruiker geregtig op ses-maandelikse state.
  • Vroeë betalings en kreditering van betalings. Die Kredietwet bepaal dat ‘n verbruiker ‘n paaiement verskuldig onder ‘n kredietooreenkoms, vooruit kan betaal. Die kredietverskaffer mag nie weier om vroeë betalings te aanvaar, of die verbruiker penaliseer vir vroeë betalings nie. Indien die verbruiker betalings maak aan die kredietverskaffer wat nog nie verskuldig is nie, bepaal die Kredietwet dat die kredietverskaffer die betaling in die volgende volgorde moet verdeel –
    • Eerstens, om die rente betaalbaar in terme van die kredietooreenkoms te delg;
    • Tweedens, om enige fooie en kostes te delg;  en
    • Derdens, om die hoofskuld te verminder.
  • Indien u bedoeling met ‘n ekstra betaling is om die gelde teen die kapitaal te verreken moet u spesifiek die kredietverskaffer sodanig in kennis stel.
  • U het die reg om te kla. Indien u voel dat u enigsins benadeel word kan u ‘n klagte indien by die Nasionale Kredietreguleerder deur die volgende tolvrye nommer te skakel – 0860 627 627 of deur ‘n epos te stuur aan die Nasionale Kredietreguleeerder by complaints@ncr.org.za.

Dit is adviseerbaar om regsadvies in te win alvorens u ‘n lening met ‘n bank of alternatiewe kredietverskaffer aangaan. Sodoende kan u uself teen uitbuiting beskerm deur vas te stel of die spesifieke transaksie binne die omvang van die Nasionale Kredietwet val aldan nie en wat u regte en verpligtinge in terme van die voorgestelde ooreenkoms is.

June 19, 2012
When agreements have limits

When agreements have limits

Maintenance agreements in South Africa have become increasingly popular between parents of minor children as a means of regulating their respective maintenance obligations outside of court. These agreements are a useful tool, allowing parents to exercise a degree of contractual freedom. However, their provisions remain subject to statutory regulation and the overarching principle that contracts must conform to public policy.

Fee or tax? The court decides

Fee or tax? The court decides

With effect from 1 July 2025, the City of Cape Town introduced three new charges on residential rate bills. These charges were challenged by the South African Property Owners’ Association (SAPOA) and AfriForum, who argued that they were unlawful and improperly calculated. The dispute culminated in court applications seeking declaratory orders that the charges were invalid because they were inconsistent with the Constitution, national legislation, and the City’s own By-Laws.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest