Menigte voornemende verkopers word gekonfronteer met ân uitnodiging van eiendomsagente om aan hulle ân alleenmandaat vir die verkoop van hul eiendom toe te staan. 9 uit 10 kere is die onmiddellike reaksie om die aanbod van die hand te wys as gevolg van die opvatting dat ân alleenmandaat bloot ân slim manier deur ân eiendomsagent is om eksklusiewe regte tot jou eiendom te bekom wat moontlik tot gevolg sal hĂȘ dat jou eiendom nie effektief aan die mark blootgestel word nie en die kanse om jou eiendom te verkoop, verminder.
As mens egter mark realiteite van nader beskou en die bemarkings strategieĂ« van eiendomsagente in gedagte hou, wys dit dat hierdie opvatting deur voornemende kopers ongegrond mag wees, veral indien die alleenmandaat aan ân betroubare eiendomsagentskap toegestaan word.
Vir ân voornemende verkoper om gemaklik te wees met die toestaan van ân alleenmandaat aan ân agentskap, is dit belangrik om te verstaan wat met ân âalleenmandaatâ bedoel word en wat die gevolge daarvan is.
Aard van ân Alleenmandaat
Die Gedragskode vir eiendomsagente bepaal dat geen eiendomsagent eiendom te koop sal aanbied nie, tensy hy behoorlik daartoe gemagtig word deur ân mandaat wat deur die verkoper aan hom toegestaan is. ân Eiendomsagent kan dus optree in terme van ân oop of alleenmandaat.
ân Oop mandaat stel ân verkoper in staat om sy reg uit te oefen om ooreenkomste met soveel eiendomsagente as wat hy goeddunk, vir die verkoop van sy eiendom aan te gaan. Dus word geen eksklusiwiteit toegestaan nie en die beloning gaan na die agentskap wat die eerste suksesvolle koper voorstel.
In terme van ân alleenmandaat onderneem ân verkoper om ân enkele eiendomsagentskap eksklusief aan te stel om sy eiendom vir ân bepaalde tydperk eksklusief te bemark. In ruil daarvoor onderneem die eiendomsagent om die grootste deel van sy tyd en hulpbronne aan te wend om die verkoper se eiendom te bemark, moontlik deur die plasing van advertensies en die gebruik van webhulpbronne as deel van die bemarkingstrategie. Konsensus word afgelei van die feit dat die verkoper weet dat hy eksklusiwiteit aan die agent toegestaan het en die agent verstaan dat hy vir die tydperk van die mandaat die alleenmandaat moet gebruik om die eiendom te verkoop. Enige verbreking van die bepalings van die mandaat mag tot gevolg hĂȘ dat die benadeelde party ân eis vir spesifieke nakoming en/of skade teen die ander party mag hĂȘ.
Vereistes vir ân Alleenmandaat
Volgens die Gedragskode vir eiendomsagente moet ân alleenmandaat in skrif wees, in teenstelling met ân oop mandaat wat mondelings toegestaan kan word. Die verkoper moet die alleenmandaat teken en die verstrykingsdatum van die mandaat moet in die ooreenkoms vervat word. Die eiendomsagent moet die verkoper van ân afskrif van die mandaat voorsien.
Die Gedragskode beskerm verkopers deur te vereis dat die eiendomsagent die betekenis en gevolge van die belangrikste bepalings van die alleenmandaat aan die verkoper verduidelik. Die eiendomsagent moet ook aan die verkoper die regsgevolge verduidelik van gevalle waar die verkoper tydens die bestaan van die alleenmandaat die eiendom sonder die bystand van die eiendomsagent of met behulp van ân ander eiendomsagent verkoop het.
Wat is die voordele van ân Alleenmandaat vir die Verkoper?
Die doel van ân alleenmandaat is om mededingende eiendomsagentskappe in die markplek uit te sluit. ân Alleenmandaat dien dus as aansporing vir ân betroubare eiendomsagentskap om al sy energie te fokus op die verkoop van ân bepaalde eiendom.
Die eiendomsagent behoort ân volledige bemarkingsplan aan die verkoper voor te lĂȘ ten einde ân alleenmandaat te bekom. Die vooraf ooreengekome bemarkingsplan, mag onder andere, die volgende gevolge hĂȘ:
- ân vinniger verkoop;
- minder ongerief;
- sekuriteit;
- aanspreeklikheid;
- vermyding van kompterende agente se fooie eise;Â en
- die verkryging van ân hoĂ«r prys.
Om op te som
Daar is aansienlike meriete in die toestaan van ân alleenmandaat aan ân betroubare eiendomsagentskap, aangesien so ân mandaat as aansporing vir die eiendomsagentskap dien om sy energie en hulpbronne op die verkoop van jou eiendom te fokus. Die keuse tussen die toestaan van ân alleenmandaat of ân oop mandaat of selfs ân deelmandaat tussen twee eiendomsagentskappe bly egter die voorreg van die verkoper en moet versigtig oorweeg word met die aanvang van die verkoop van u eiendom. Waar ân alleenmandaat oorweeg word, moet die bepalings van die alleenmandaat nagegaan word ten einde te verseker dat die ooreenkoms die bedoeling tussen die partye korrek weerspieĂ«l.



