Kan ek my Trustakte wysig?

‘n Trust is ‘n ooreenkoms tussen die oprigter van die trust en die trustees van die trust ten behoewe van ‘n derde, naamlik die begunstigde(s) van die trust. Anders as ‘n maatskappy word ‘n trust nie opgerig in terme van wetgewing nie, maar deur middel van die trustakte van die trust, wat dien as die stigtingsdokument.

‘n Trust is ‘n ooreenkoms tussen die oprigter van die trust en die trustees van die trust ten behoewe van ‘n derde, naamlik die begunstigde(s) van die trust. Anders as ‘n maatskappy word ‘n trust nie opgerig in terme van wetgewing nie, maar deur middel van die trustakte van die trust, wat dien as die stigtingsdokument. In wese neem dit dus die vorm van ‘n kontraktuele ooreenkoms aan tussen die eersgenoemde partye.

Die trustees van ‘n trust is slegs geregtig om met die trust te handel volgens die bepalings vervat in die trustakte en moet daar dus na die trustakte gekyk word vir leiding rondom hoe die trustakte gewysig kan word indien daardie behoefte sou onstaan. Byvoorbeeld, die trustakte verhoed die trustees om vaste eiendom te koop, maar die hoofdoel waarvoor die trust gestig was is juis hiervoor. Duidelik sal die trustake gewysig moet word om voorsiening te kan maak vir hierdie doel.

In die algemeen is daar drie maniere om ‘n trustakte te wysig:

Opsie 1
Die oprigter en trustees onderteken ‘n wysigingsooreenkoms waarin die voorgestelde wysigings vervat word. In gevalle waar ‘n begunstigde reeds voordele in terme van die trustakte ontvang het, word hy geag ‘n party tot die aanvanklike ooreenkoms te wees, en moet hy dus ook ‘n party tot die voorgestelde wysigingsooreenkoms wees.

Dit is belangrik dat al die aanvanklike partye tot die trustakte moet toestem tot so ‘n wysiging. Waar die oprigter van die trust reeds oorlede is, sal ‘n mens nie die trustakte op hierdie manier kan wysig nie.

Opsie 2
Die trustakte word gewysig kragtens die wysigingsklousule vervat in die trustakte. Gewoonlik bepaal sodanige wysigingsklousule hoe die wysiging van die trustakte moet geskied. Hierdie wysigingsklousule verskil van trust tot trust en sal pertinent gekyk moet word na die reëlings van ‘n spesifieke trustakte.

Indien die trustakte nie beskik oor ‘n wysigingsklousule nie sal die trustakte deur middel van een van die ander twee wyses hier bespreek gewysig moet word.

Opsie 3
Die trustakte word gewysig deur middel van ‘n hofaansoek. Wysiging deur ‘n hofaansoek sal die gepaste opsie wees waar beide Opsie 1 (die oprigter is miskien reeds oorlede) en Opsie 2 (die trustakte bevat geen wysigingsklousule) nie gebruik kan word om die trustakte te wysig nie.

Dit is belangrik om kundige regsadvies by die aanvanklike opstel van ‘n trustakte in te win om te verseker dat die trustakte reg opgestel word, met geldige en uitvoerbare bepalings en om toekomstige probleme by die wysiging van die trustakte uit te skakel.

March 19, 2012
To vote or not to vote: Post-Commencement business rescue creditors

To vote or not to vote: Post-Commencement business rescue creditors

In the recent case of Mashwayi Projects (Pty) Ltd and Others v Wescoal (Pty) Ltd and Others (1157/2023) [2025] ZASCA 5 (29 January 2025), the Supreme Court of Appeal (SCA) addressed and provided clarity on the burning question of whether post-commencement creditors in business rescue proceedings are entitled to vote on business rescue plans of financially distressed companies. In this article, we review this landmark judgment.

New SARS reporting puts trusts under the microscope

New SARS reporting puts trusts under the microscope

The South African Revenue Service (“SARS”) has had trusts under a microscope since April 2023 when the General Laws (Anti-Money Laundering and Combating Terrorism Financing) Amendment Act 22 of 2022 came into full effect. SARS has issued stern warnings to trustees to ensure the accurate and honest submission of trust tax returns and made it abundantly clear that trustees can no longer shift the responsibility of managing a trust’s tax affairs entirely to tax practitioners. Trustees must understand trust-specific tax rules to avoid penalties and legal consequences.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest