Mag ek van epos bemarking gebruik maak?

Epos bemarking bly een van die goedkoopste asook mees effektiewe maniere van massa bemarking en kommunikasie met jou kliënt databasis. Tog het elke persoon ook ‘n reg op privaatheid, en is hierdie reg in die verlede aangetas deur bemarkers wat sonder toestemming eposse oor promosies en advertering aan verbuikers gestuur het. Hierdie vorm van ongewenste direkte bemarking is nou aan bande gelê deur die nuwe Verbruikersbeskermingswet (“die Wet”) wat duidelike reëls in verband met digitale bemarking daar te stel.

Epos bemarking bly een van die goedkoopste asook mees effektiewe maniere van massa bemarking en kommunikasie met jou kliënt databasis. Tog het elke persoon ook ‘n reg op privaatheid, en is hierdie reg in die verlede aangetas deur bemarkers wat sonder toestemming eposse oor promosies en advertering aan verbuikers gestuur het. Hierdie vorm van ongewenste direkte bemarking is nou aan bande gelê deur die nuwe Verbruikersbeskermingswet (“die Wet”) wat duidelike reëls in verband met digitale bemarking daar te stel. Dit beteken nie dat epos bemarking per se onwettig is of verbied word nie, maar eerder dat hierdie vorm van kommunikasie aan die vereistes vir wettige kommunikasie moet voldoen ten einde te verhoed dat dit as ongevraagd gesien word.

Ingevolge die Wet is die versending van ongevraagde e-posse onwettig en moet bemarkers aan van die volgende minimum vereistes voldoen sou hulle e-posse wil gebruik vir bemarking en promosies:

  • Alle intekenaars op ‘n besigheid se databasis moes gekies het om deel te vorm van so ‘n databasis en om inligting vanaf die besigheid te ontvang. Hierdie beginsel staan bekend as die “Opt-in” beginsel.
  • Besighede moet kan bewys dat intekenaars die keuse gehad het om deel te vorm van die databasis en daardeur toestem tot die ontvang van e-pos bemarkingsboodskappe.
  • Ingevolge die Wet is ‘n transaksie wat plaasgevind het weens die versending van ‘n e-pos bemarkingsveldtog onderhewig aan ‘n vyf dae afkoelperiode wat beteken dat die verbruiker die reg het om die bepaalde transaksie binne vyf dae na die sluiting van die transaksie te kanselleer. Indien ‘n verbruiker hierdie afkoelreg uitoefen en daar geen goedere betrokke is nie moet die verskaffer binne vyftien besigheidsdae alle bedrae reeds deur die verbruiker betaal aan die verbruiker terugbetaal. Indien daar wel goedere betrokke is moet die verskaffer binne vyftien besigheidsdae, na die teruggawe van die betrokke goedere, die betrokke bedrag aan die verbruiker terugbetaal. Dit moet gelet word dat sekere elektroniese transaksies moontlik onder die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies mag resorteer waar ‘n sewe dae afkoelperiode van toepassing is. Regsadvies mag nodig wees om seker te maak welke wet van toepassing is op u kommunikasie.
  • Die verbruiker moet te alle tye by magte wees om as intekenaar van ‘n bepaalde databasis te kan deregistreer. Hierdie staan bekend as die “Opt-out” beginsel.
  • Die Wet bepaal verder dat direkte bemarking aan ‘n verbruiker slegs mag plaasvind van Maandae tot Vrydae tussen 08h00 en 20h00 en op Saterdae tussen 09h00 en 13h00. Geen e-pos bemarking mag geskied op Sondae en Publieke Vakansiedae nie, tensy die verbruiker pertinent daartoe toegestem het.

Kennis kan ook geneem word van die Wet se bepalings rondom die oprigting van ‘n “geen kontak” register waar verbruikers kan registreer ten einde voortydig die ontvangs van ongevraagde bemarking te verhoed. Hierdie register is nog nie aktief nie, maar sal dit noodsaaklik wees vir bemarkers om ook hiermee tred te hou wanneer die register in werking gestel word.

In lig van die bogemelde kan die volgende goeie praktyke besighede behulpsaam wees ten einde voldoening aan die Wet te verseker:

  • Stuur ‘n epos aan jou databasis en gee die geleentheid om te “Opt-in” en “Opt-out” en verduidelik wat elke opsie beteken.
  • Maak seker dat op alle kommunikasie die opsie om te “Opt-out” duidelik sigbaar en in werkende toestand is
  • As die verbruiker “Opt-out” moet die verbuiker outomaties van al die besigheid se direkte bemarking kommunikasiekanale verwyder word
  • Hou ‘n register van verbruikers wat “Opt-out” het en maak seker dat daar nie weer epos bemarking aan die verbruiker gestuur word nie
  • Stel die verbruiker in kennis van die aard en frekwensie van kommunikasie wat hulle van jou besigheid kan verwag
  • Sodra die formele “geen kontak” register opgestel is sal jou databasis gereeld vergelyk moet word met die register
  • Stel verbruikers in kennis van hul reg om die afkoelperiode onder die Wet te gebruik
  • Stuur epos bemarking slegs uit gedurende die toegelate tydraamwerke.

Deur die bogenoemde goeie praktyke te volg kan jy goeie resultate bekom met jou direkte epos bemarkingstrategie en verhoed dat daar negatiewe gevolge onstaan weens oortreding van die Wet. Op die einde van die dag spreuk die professionaliteit en geldigheid van jou epos bemarkingproses ook boekdele oor die manier waarop jou besigheid funksioneer.

Vir advies en hulp met die formulering van ‘n geldige epos bemarkingstrategie, raadpleeg ‘n kundige op die gebied van verbruikersbeskerming en inligtingstegnologie.

April 17, 2012
Culture vs style: When workplace dress codes cross the line

Culture vs style: When workplace dress codes cross the line

Dress codes are a familiar part of many workplaces, yet employers often fail to calibrate how far they are allowed to go in regulating employee personal appearance. While employers may enforce standards of neatness, safety and professionalism, these rules cannot override constitutional rights, nor can they operate in a discriminatory manner. A recent reminder of this emerged from the Supreme Court of Appeal, where the court had to consider the fairness of dismissing correctional officers for refusing to cut their dreadlocks, contrary to the employer’s dress code.

Competition Commission guidelines on confidential information

Competition Commission guidelines on confidential information

The Competition Commission of South Africa (“Competition Commission”) identified a need to guide merger parties and stakeholders on claiming confidentiality over information. In September 2025, the Competition Commission issued Guidelines on the Commission’s handling of confidential information (“Guidelines”), which, however, are not binding on the Competition Commission, the Competition Tribunal or the Competition Appeal Court, but must be taken into account by these authorities when interpreting and applying the Competition Act 89 of 1998 (“Competition Act”).

Termination of joint ownership, rights in question: PIE Act explained

Termination of joint ownership, rights in question: PIE Act explained

In a recent Western Cape court case where the court ordered the termination of joint ownership of properties, an interesting question arose as to whether the termination of joint ownership did not amount to an eviction contrary to the Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land Act, 19 of 1998 (PIE Act)? We look at the requirements for the termination of joint ownership by our courts and whether this can infringe on the PIE Act.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest