VDT personeel het mekaar die middag van 20 Februarie 2014 aangevat in ‘n ‘vriendelike’ rolbal kompetisie. Personeel is opgedeel in agt spanne wat mekaar aangepak het by die Harlequins Rolbalklub. Die spanning was hoër as die temperatuur op die betrokke dag en daar kon op elke personeellid se gesigsuitdrukking gesien word wat ‘n wen vir hulle sal beteken. Alhoewel die rolbal wat opgelewer is gesorg het vir bietjie humor by die plaaslike lede van die rolbalklub en by die spelers self, was dit ‘n middag wat terdeë geniet is deur almal.
(Links: Sakkie Burger in aksie.)