Vyf stappe om voldoening met die Verbruikersbeskermingswet te toets

Met die aanvang van die Verbuikersbeskermingswet (VBW) op 1 April 2011 word Suid-Afrikaanse verbruikers ‘n hoogsbeskermde spesie met omvattende verbruikersregte en meganismes wat implementeer word deur die VBW vir die beskerming van die algemene verbruiker.

Met die aanvang van die Verbuikersbeskermingswet (VBW) op 1 April 2011 word Suid-Afrikaanse verbruikers ‘n hoogsbeskermde spesie met omvattende verbruikersregte en meganismes wat implementeer word deur die VBW vir die beskerming van die algemene verbruiker.

Aan die ander kant van die munt is die verksaffer van goedere en dienste aan die verbruiker wat moet verseker dat sy besigheidsooreenkomste aan die vereistes van die WBV voldoen. Dit is hier waar menige verskaffers aan die kop krap is oor hoe om te verseker dat hul besigheidsooreenkomste aan die VBW voldoen en ook terselfdertyd hul besigheidsbelange en risikos voldoende beskerm.

Eenvoudig gestel: Die VBW is in die algemeen van toepassing op enige transaksie in die normale gang van besigheid met ‘n verbuiker. ‘n Verbuiker kan ‘n natuurlike persoon of regspersoon wees waar die netto bate waarde of jaarlikse omset van die regspersoon minder is as R2 miljoen per jaar. Hierdie wye toepassing van die VBW sluit baie kommersiële transaksies in en plaas ‘n streng verpligting op verskaffers om voldoening aan die VBW te verseker.

En voldoening is krities, aangesien ‘n persoon kan skuldig bevind word aan sekere misdrywe onder die VBW en gevonnis kan word met ‘n boete of tronkstraf of selfs beide.

Die volgende vyf stap toets kan verskaffers bystaan om te bepaal of hul besigheidsooreenkomste voldoen (aldan nie) aan die VBW:

Stap 1
Verskaffers moet kennis neem van die algemene bepalings van die VBW wat op hul ooreenkomste van toepassing mag wees, soos byvoorbeeld, dat alle ooreenkomste geskryf moet word in duidelike en maklik verstaanbare taal wat die verbuiker in staat stel om die inhoud daarvan te verstaan. Dit kan gedoen word deur regstegniese terminologie en fynskrif te vermy en eenvoudiger en duidelik sigbare terme te gebruik.

Stap 2
Identifiseer en verwyder onbillike, onredelike of onregverdige terme in jou ooreenkoms. Hierdie sou tipies eensydige bepalings wees of bepalings wat ‘n onredelike voordeel bied aan die verskaffer. U mag moontlik die bystand van ‘n regspraktisyn benodig in die identifisering van bepalings wat moontlik as onbillik beskou mag word.

Stap 3
Kyk spesifiek vir bepalings wat jou as verskaffer vrywaar of indemnifiseer teen aanspreeklikheid en benader sulke bepalings met sorg. Die verbruiker mag nie gebonde gehou word aan sulke bepalings indien die verbruiker nie voldoende geleentheid gegee is onder die omstandighede om die bepalings te lees en verstaan nie.

Stap 4
Die VBW verbied die insluit van sekere bepalings ook bekend as die “swart lys” van bepalings in verbuikersooreenkomste. ‘n Voorbeeld van so ‘n bepaling is die vrywaring of beperking van ‘n verskaffer se aanspreeklikheid vir enige skade wat onstaan weens die verskaffer se growwe nalatigheid. Indien sodanige bepalings teenwoordig is in ‘n verbruikersooreenkoms, kan ‘n hof hierdie bepalings nietig verklaar.

Stap 5
Laastens, moet elke verskaffer toesien dat hul ooreenkomste nie bepalings van die sogenaamde “grys lys” van bepalings bevat nie. Hierdie is bepalings wat geag word onbillik te wees tensy die verskaffer kan bewys dat dit regverdigbaar is onder die omstandighede. ‘n Voorbeeld van so ‘n bepaling is die uitsluiting of beperking van aanspreeklikheid van die verskaffer vir die dood of besering van ‘n verbruiker veroorsaak deur die optrede of versuim van die verskaffer. Neem kennis dat hierdie vermoede slegs van toepassing sal wees waar die verskaffer besigheid primêr verrig op ‘n wins-basis en dat die verbruiker ‘n individu moet wees wat die ooreenkoms aangaan vir doeleindes anders as besigheid.

Alhoewel die verpligtinge wat op ‘n verskaffer geplaas word in terme van die VBW gesien kan word as beswarend is dit duidelik dat die VBW wil verhoed dat die verbruiker benadeel word deur onbillike en onredelike bepalings vervat in besigheidsooreenkomste en wil die VBW nie die algemene kommersialiteit van besigheidsooreenkomste affekteer nie. Gevolglik, met gepaste regsadvies en ‘n gesonde kommersiële benadering kan verskaffers nie net voldoening aan die VBW verseker nie maar ook genoegsame beskerming vir hulle besigheidsbelange en –risikos.

March 19, 2012
Culture vs style: When workplace dress codes cross the line

Culture vs style: When workplace dress codes cross the line

Dress codes are a familiar part of many workplaces, yet employers often fail to calibrate how far they are allowed to go in regulating employee personal appearance. While employers may enforce standards of neatness, safety and professionalism, these rules cannot override constitutional rights, nor can they operate in a discriminatory manner. A recent reminder of this emerged from the Supreme Court of Appeal, where the court had to consider the fairness of dismissing correctional officers for refusing to cut their dreadlocks, contrary to the employer’s dress code.

Competition Commission guidelines on confidential information

Competition Commission guidelines on confidential information

The Competition Commission of South Africa (“Competition Commission”) identified a need to guide merger parties and stakeholders on claiming confidentiality over information. In September 2025, the Competition Commission issued Guidelines on the Commission’s handling of confidential information (“Guidelines”), which, however, are not binding on the Competition Commission, the Competition Tribunal or the Competition Appeal Court, but must be taken into account by these authorities when interpreting and applying the Competition Act 89 of 1998 (“Competition Act”).

Termination of joint ownership, rights in question: PIE Act explained

Termination of joint ownership, rights in question: PIE Act explained

In a recent Western Cape court case where the court ordered the termination of joint ownership of properties, an interesting question arose as to whether the termination of joint ownership did not amount to an eviction contrary to the Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land Act, 19 of 1998 (PIE Act)? We look at the requirements for the termination of joint ownership by our courts and whether this can infringe on the PIE Act.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest