Wat van daardie tweede wooneenheid (“granny flat”)?

Die omskepping van ‘n motorhuis of die bou van ‘n “granny flat” ten einde ‘n tweede wooneenheid daar te stel is alledaags. Ons is almal bewus van huise waar so “granny flat” op die eiendom is wat dikwels uitverhuur word. Die potensiaal om passiewe inkomste te skep is iets wat die koopprys van so eiendom ook positief aanpas.

Die omskepping van ‘n motorhuis of die bou van ‘n “granny flat” ten einde ‘n tweede wooneenheid daar te stel is alledaags. Ons is almal bewus van huise waar so “granny flat” op die eiendom is wat dikwels uitverhuur word. Die potensiaal om passiewe inkomste te skep is iets wat die koopprys van so eiendom ook positief aanpas.

Dit gebeur egter ongelukkig dikwels dat die eienaar of bouer uit onkunde nie die nodige plaaslike munisipale prosedures tydens die omskepping of bouproses volg nie.  Dit is dus raadsaam vir ‘n voornemende koper om die nodige ondersoek in te stel na die regsgeldigheid van so `n tweede wooneenheid alvorens die eiendom gekoop word.  Dit sal voorkom dat die koper met bou- en regskoste opgesaal word na afloop van die koop van die eiendom om hierdie “granny flat” as wettige woning te registreer.

Daar mag nie gebou, verbeter of omskep word alvorens bouplanne opgetrek, ingedien en deur die plaaslike munisipaliteit goedgekeur is nie.  Die titelakte (kaart en transport) moet ook nie die bou van ‘n addisionele wooneenheid verbied nie. Alhoewel hierdie voorwaardes opgehef kan word, gaan dit met aansoekfooie en regskoste gepaard.

Indien ‘n afskrif van die jongste bouplanne die tweede wooneenheid aantoon kan die koper gerus wees dat die plaaslike munisipaliteit kennis dra van die tweede wooneenheid.  Die tweede wooneenheid is gevolglik wettig kragtens die plaaslike munisipale regulasies omskep of gebou.  Indien die bouplanne nie die tweede wooneenheid aantoon nie sal dit raadsaam wees om regsadvies in te win alvorens ‘n koopaanbod op die eiendom gemaak word. 

In baie gevalle laat die sonering van residensiële eiendomme ‘n tweede wooneenheid per erf toe, alhoewel hierdie van geval na geval mag verskil en ondersoek moet word. Die munisipale prosedures moet egter steeds aan voldoen word alvorens daar gebou, verbeter of omskep word.  Dit is dus nie altyd ‘n onoorbrugbare krisis as die eienaar of bouer uit onkunde nooit die nodige prosedures tydens die omskepping of bouproses gevolg het nie.  ‘n Prysaanpassing kan die voornemende koper voldoende beskerm teen addisionele bou- en regskoste ten einde die geldigheid van die tweede wooneenheid daar te stel.

Dit is dus raadsaam om ‘n argitek en/of prokureur te nader alvorens ‘n addisionele wooneenheid gebou word. ‘n Argitek sal verseker dat die voorgeskrewe munisipale prosedures gevolg word en ‘n prokureur sal u kan adviseer indien die bestaande transportakte ‘n beperkende voorwaarde bevat wat opgehef moet word voordat daar gebou kan word.

Die bou van ‘n addisionele wooneenheid skep welvaart.  Dit is egter belangrik dat die voorgeskrewe plaaslike munisipale prosedures tydens die omskepping of bouproses gevolg word.  Die regsgeldigheid van die tweede wooneenheid word sodoende gevestig en die volle potensiaal van die verkoopprys van die eiendom kan in die toekoms gerealiseer word.

February 6, 2012
Navigating the legal blueprint for property expansions

Navigating the legal blueprint for property expansions

Building a second dwelling on your property offers an excellent opportunity to generate extra income, whether by creating a bed and breakfast, guest house, holiday rental, or long-term rental property. However, it’s not as simple as ‘build it and they will come.’ There are important legal and compliance requirements that must be considered before you venture into such a development.

Piecing together the puzzle of cross-border cases

Piecing together the puzzle of cross-border cases

In the matter of IRD Global Limited v The Global Fund to Fight AIDS, Tuberculosis and Malaria (504/2023) [2024] ZASCA 109, the SCA reaffirmed what the requirements are for South African Courts to have the necessary jurisdiction to hear matters involving foreign companies and confirmed what would be required to establish jurisdiction when online publications are involved.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest