Deel 2: Kan ek my huis verkoop aan ‘n buitelander woonagtig buite Suid-Afrika?

Jou strandhuis is in die mark vir verkoop of verhuring. Die Franse paartjie het die advertensie op die internet gesien, kontak gemaak uit Frankryk en stel belang om jou strandhuis te koop of te huur vir vakansies in Suid-Afrika of selfs later in te woon indien die man se aanstelling as streeksbestuurder van die nuwe Afrika-been van sy Franse maatskappy realiseer. Is dit so maklik? Kan jy sommer net jou huis so oor die telefoon verhuur of verkoop aan hierdie buitelanders? Sal die transaksie geldig wees en is daar spesifieke vereistes vir so ‘n transaksie?

Die antwoorde op hierdie vrae is van groot belang vir verhuurders en verkopers wat buitelandse huurders of kopers in gedagte het.

In kort, die antwoord is ‘ja’ dit kan so maklik wees. Buitelanders se eiendomstransaksies is onderhewig aan dieselfde wetgewing en regulasies as Suid-Afrikaners se eiendomstransaksies. ‘n Buitelander het dus nie nodig om fisies in Suid-Afrika teenwoordig te wees om jou strandhuis te huur of te koop nie. 

Die koopprys van die eiendom kan deur die Franse paartjie in geheel met buitelandse fondse betaal word en is die enigste vereiste dat die buitelandse fondse in ‘n genomineerde Suid-Afrikaanse bankrekening inbetaal moet word. Hierdie bankrekening sal gewoonlik die trustrekening van die plaaslike oordragsprokureurs wees. Waar ‘n buitelander egter by ‘n plaaslike finansiële instelling finansiering wil aangaan vir die koop, is daar wel ‘n beperking dat slegs 50% van die totale koopprys by ’n Suid-Afrikaanse finansiële instelling geleen mag word.

Verder, indien die Franse paartjie die oordragsdokumente en verbanddokumente in Frankryk wil onderteken (buite die grense van Suid-Afrika) vereis ons reg dat die dokumente voor ‘n notaris van daardie land geteken moet word en dat die notaris se amp bevestig moet word deur die betrokke land se howe. Hierdie kan ‘n tydrowende proses wees waar die buitelanders nie by magte is om die dokumente in Suid-Afrika te kan onderteken nie. Hierdie addisionele vereistes is nie van toepassing op ‘n huurooreenkoms nie, omdat die ooreenkoms nie by die Aktekantoor registreer moet word nie.

Waar die Fransman se aanstelling later realiseer en hulle besluit om in jou strandhuis te woon, sal die paartjie se wettige verblyf hier onderworpe wees aan die Immigrasie Wet wat beteken dat hulle ‘n wettige permit moet verkry om in Suid-Afrika woonagtig te wees. Aangesien die koop of huur egter reeds gefinaliseer is, sal dit geen impak hê op die geldigheid van die voltooide koop of verhuring nie.

Ter samevatting, ‘n buitelander wat buite die grense van Suid-Afrika woonagtig is, mag eiendom in Suid-Afrika huur of koop. Die beperkings rakende plaaslike finansiering, veral waar die verkryging van finansiering `n opskortende voorwaarde van die ooreenkoms is, asook die vereistes vir ondertekening van dokumentasie in die buiteland, moet in gedagte gehou word aangesien dit tydrowend kan wees en addisionele kostes kan meebring voordat die eiendom registreer kan word.

September 27, 2012
Can a body corporate withhold a clearance certificate?

Can a body corporate withhold a clearance certificate?

Once an offer to purchase is signed and the transfer process begins, sellers of units in a sectional title scheme face several challenges, including the obligation to ensure that all dues to the body corporate are settled. This requirement, mandated by Section 15B(3)(a)(i)(aa) of the Sectional Titles Act 95 of 1986, restricts the transfer of sectional titles unless a conveyancer’s certificate confirms that all monies due to the body corporate have been paid or provisions satisfactory to the body corporate have been made. A conveyancer can however only issue the required certificate after receiving a body corporate’s assurance, in the form of a levy clearance certificate, that all amounts due to the body corporate have been paid or that provision for payment thereof has been made.

Simplifying estate late property transfers

Simplifying estate late property transfers

Property transfers following the passing of an individual can be a complex and emotionally challenging process, particularly when dealing with the estate of a loved one. Estate late property transfers entail a series of legal steps and requirements that must be followed to ensure a smooth and lawful transition of ownership. This article aims to provide a simple guide to estate late property transfers, outlining the key concepts and considerations involved.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest