Grondeise: Wat elke koper moet weet

Elke boer se plaas is sy besigheid, sy trots, sy heenkome en dikwels sy nalatenskap vir sy kinders. Dus vereis enige besluit daaromtrent gesonde oordeel en dat risiko’s so gou as moontlik bekend gemaak en aangespreek word. Meeste boere en grondeienaars is bewus van die aard van ‘n grondeis en dat die betrokke wetgewing bepaal het dat 31 Desember 1998 die afsnydatum vir die instelling van grondeise was, waarvan vele nog onbeslis lê. Wat boere nie noodwendig weet nie is waarvoor om te kyk voor die aangaan van ‘n kooptransaksie ten einde te verseker dat hulle voldoende beskerm is teen ‘n grondeis wat later sy kop mag uitsteek.

Die kooptransaksie om die betrokke stuk grond te bekom, moet by wyse van ‘n koopooreenkoms aangegaan word om sodoende geldig en afdwingbaar te wees. Hierdie ooreenkoms sal die basis van die kooptransaksie wees en sal gevolglik as die belangrikste dokument dien waarvan die inhoud noukeurig nagegaan moet word. Weens die belangrikheid van die koopooreenkoms word dit ten sterkste aanbeveel dat ‘n prokureur sodanige dokument opstel.

‘n Klousule van uiterse belang in die koopooreenkoms is die “waarborge en vrywarings” klousule waarin die verkoper sekere inligting aan jou (die koper) in goeie trou openbaar ten einde jou gerus te stel dat die koop nie ‘n skyntransaksie uitmaak of tot die verkoper se eensydige voordeel aangegaan word nie. Dit is belangrik dat die verkoper die volgende waarborge rondom veral grondeise skriftelik, hetsy vrywilliglik of op aanvraag, aan jou voorsien ten einde die nodige sekerheid te verkry dat die koop in goeie trou geskied:

  1. Dat geen gedeelte van die eiendom onteien is nie.
  2. Dat geen eis vir die herstel van enige grondreg, ten opsigte van die eiendom, insluitende dié van huurarbeiders, bywoners, gemeenregtelike belanghebbendes, trust begunstigdes of voordelige okkupeerders, ingestel is nie.
  3. Dat die streekgrondeisekommissaris geen kennisgewing ten opsigte van sodanige grondeis ingevolge die Wet op Herstel van Grondregte 22 van 1994 gepubliseer het nie.

Verder kan vrywarings wat betrekking het op moontlike regte deur huurarbeiders, plaaswerkers, okkupeerders en ander informele regte op die grond ook ingebring word om beskerming te verleen rondom ander aspekte wat die gebruik van die grond mag affekteeer.

Die waarborg wat handel met die streekgrondeisekommissaris is die kern kwelpunt waarvan min voornemende, dikwels gesoute boere, of grondeienaars bewus is. Meeste mense is onder die indruk dat sodra ‘n grondeis ingestel word teen ‘n betrokke eiendom, die eiendom nie verder ontwikkel óf verkoop kan word nie, wat in beginsel korrek is. Waarvan hul egter nie bewus is nie, is dat sodanige verkoop of ontwikkelling van die eiendom wél kan geskied indien die nodige skriftelike kennisgewing aan die streekgrondeisekommissaris gegee word een maand voordat sodanige voorneme verwesenlik word. Na sodanige kennisgewing aan die streekgrondeisekommissaris gegee is kan die verkoper voortgaan om die eiendom wettiglik te verkoop terwyl die koper onbewus kan wees van die feit dat eiendom gekoop word waarteen ‘n grondeis ingestel is, veral as die bogemelde klousules ontbreek in die koopooreenkoms.

Gevolglik is dit van kardinale belang dat jy as koper die nodige voorsorg tref om te verseker dat voldoende waarborge deur die verkoper gegee word in terme van die koopooreenkoms om sodoende die spyt en jare lange opskorting van ontwikkelling opsy te skuif en te verseker dat die uitbreiding van jou plaas en nalatenskap die aanwins is wat dit behoort te wees.

October 25, 2013
Slip and trip: who is liable?

Slip and trip: who is liable?

With a growing number of ‘slip and trip’ cases being referred to our courts, property owners must understand what they need to do to avoid liability for injuries sustained on their property. In this article, we examine the recent case of Ngwenya vs Accelerate Property Fund (2022/13159) [2024] ZAGPJHC 880 to explore the latest rulings regarding property owner liability.

Developers caught off guard with sectional title costs

Developers caught off guard with sectional title costs

In the recent case of Club Kerkira (Pty) Limited v Trustees of Club Kerkira Body Corporate and Others (D11451/2021) [2024] ZAKZDHC 40, the KZN High Court had to clarify the position as to whether the holder of a real right of extension (in this case the developer) had a responsibility to contribute towards the maintenance costs of the sectional title scheme.

See no evil, speak no evil: reporting misconduct

See no evil, speak no evil: reporting misconduct

Enforcing workplace rules frequently relies on employees reporting misconduct that they have witnessed by fellow employees to their employer. This is vital for maintaining workplace discipline and ensuring that employees adhere to the employer’s rules. But what is the worst that can happen to an employee who elects to protect a fellow employee by keeping quiet about their transgressions?

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest