Deeltitelskemas: Wat is huisreëls en is dit afdwingbaar?

Wilma en André het onlangs in Sonskyn meenthuiskompleks ingetrek. Saterdagaand vier André sy verjaardag en die partytjie duur voort tot net na twaalf die aand. Maandagoggend ontvang André ‘n skrywe van die bestuursliggaam van die kompleks tot die effek dat hy ‘n R500.00 boete opgelê word aangesien die huisreëls bepaal dat stilte na 23:00 gehandhaaf moet word en dat André hierdie reël verbreek het met sy partytjie. Verstom, wonder André of hierdie boete afdwingbaar is?

Ten einde te bepaal of die boete afdwingbaar is of nie, moet daar eers gekyk word na welke reëls op deeltitelskemas (soos die Sonskyn meenthuiskompleks) van toepassing is. Huidiglik maak die Wet op Deeltitels (“die Wet”) voorsiening vir twee tipes reëls ten einde die bestuur van ‘n deeltitelskema te reël, naamlik bestuurs- en gedragsreëls.

Die bestuursreëls bevat bepalings omtrent die bestuur en administrasie van ‘n deeltitelskema en bepaal onder andere, die vasstelling van heffings, vergaderings en stemreg en is redelik neutraal ten opsigte van die aard van die deeltitelskema. Hierdie reëls kan deur ‘n eenparige besluit gewysig word.

Die gedragsreëls, aan die ander kant, hou meer verband met die aard van die deeltitelskema en die dag tot dag optrede van die eienaars en inwoners. Hierdie reëls kan makliker gewysig word by wyse van ‘n spesiale besluit.

Die Wet maak egter geensins voorsiening vir die oplegging van sogenaamde ‘huisreëls’ nie en gevolglik ook nie vir die oplê van boetes ingevolge hierdie huisreëls nie. Dit blyk algemene praktyk te wees vir trustees (en inwoners) om ‘n stel huisreëls te formuleer en dit van toepassing te maak op die lede van die deeltitelskema. Alhoewel dit maklik opgestel en geïmplementeer kan word, is hierdie tipe huisreëls onafdwingbaar aangesien daar geen voorgeskrewe prosedures vir die skepping en oplegging van huisreëls bestaan nie.

Die regspersoon van ‘n deeltitelskema word kragtens die Wet geskep. Alle handelinge van ‘n regspersoon (en die inwoners) moet dus ooreenkomstig die Wet gemagtig wees. Aangesien die Wet nie voorsiening maak vir die oplegging van huisreëls nie, kan ‘n regspersoon nie sonder meer huisreëls formuleer nie. Die wetgewer wil ongeoorloofde inbreuk op die gebruik en genot van ‘n eienaar ten opsigte van sy deel in die skema vermy en aangesien dit kan gebeur dat die trustees (en/of ‘n klein meerderheid inwoners) huisreëls formuleer en implementeer wat inbreuk maak op ‘n eienaar se gebruik en genot van sy deel, sal sulke handelinge teenstrydig wees met die reg van eienaarskap in die algemeen.

Die beteken nie dat huisreëls nie gemaak kan word nie, maar word dit eerder aanbeveel dat die bestuurs- en gedragsreëls gewysig word ten einde die trustees in staat te stel om gebruik te maak van effektiewe boetebepalings ensomeer. Hierdie wysigings word deur die Wet bekragtig en kan anti-sosiale gedrag van enkele inwoners (byvoorbeeld voortdurende harde musiek, laataand jolyt ensovoorts) op so manier hok geslaan word. Gehoorsame eienaars (en huurders) hoef dus nie hieronder te lei nie.

Dit is egter belangrik om daarop te let dat die bogemelde nie beteken dat die plig (en gepaardgaande diskresie) wat op die skouers van trustees rus om die gemeenskaplike eiendom tot voordeel van alle inwoners te bestuur aan bande gelê word nie. Die trustees is steeds by magte om algemene riglyne neer te lê wat betrekking het op onder andere:

  • die merk van gedeeltes van die gemeenskaplike eiendom vir die was en parkering van motorvoertuie;
  • instelling van spoedbeperkings binne die meenthuiskompleks;
  • verbod op die gebruik van ‘n hyser deur kinders jonger as 8 jaar oud indien hulle nie deur ‘n volwassene vergesel word nie, ensovoorts.

Die Wet maak nie voorsiening vir die oplegging van huisreëls deur trustees (en/of inwoners) wat boetebepalings bevat nie en sal hierdie onafdwingbaar wees indien dit nie in die bestuurs- en gedragsreëls vervat word nie. Trustees van ‘n deeltitelskema word dus aangeraai om die nodige regsadvies in te win waar dit oorweeg word om sodanige huisreëls te implementeer by die skema ten einde te verseker dat die korrekte meganisme vir implementering gebruik word en die reëls afdwingbaar sal wees.

November 22, 2012
When ads take flight… and cross the line

When ads take flight… and cross the line

On 13 March 2026, the Advertising Regulatory Board (“ARB”) ruled that a South African TikTok advertisement by Checkers Sixty60 was misleading. This decision highlights the broader legal framework governing advertising in South Africa, including both statutory protections and industry-led self-regulation.

Smarter contracts for better infrastructure

Smarter contracts for better infrastructure

After years of reliance on the 2015 edition of the General Conditions of Contract for Construction Works (“GCC 2015”), the South African Institution of Civil Engineering introduced a new edition in September 2025 (“GCC 2025”). This updated framework aims to improve clarity, promote fairness, and enhance efficiency in the construction industry.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest