Tydelike werknemers en die boer. Hoe gaan die posisie verander?

Die boerderybedryf kan siklies van aard wees en dus is die gebruik van tydelike werkers om sikliese behoeftes aan te spreek ook ‘n algemene praktyk by baie boere. Voorgestelde wysigings tot ons huidige arbeidswetgewing, reeds in 2010 gepubliseer maar nog nie op die wetboeke nie, mag ‘n wesenlike impak op hierdie praktyke van boere hê en die speelveld rondom die gebruik van tydelike werkers aansienlik verander.

Die konsep wysigings vorm alreeds ‘n groot bron van gesprekvoering en ondersoek om te bepaal wat die impak hiervan op ons arbeidsektor gaan wees indien hierdie voorgestelde wysigings uitgevaardig sou word. ‘n Onlangse studie deur Small Business Project (SBP), ‘n onafhanklike navorsingsmaatskappy, toon aan dat die impak van die voorgestelde wysigings op spesifiek die tydelike indiensnemingsektor, weens die toename in die koste van indiensneming van tydelike werkers (lone en voordele) dramaties sal wees en dat moontlik duisende poste verlore sal gaan as ‘n direkte gevolg van hierdie wysigings. Hierdie is uiters verontrustend vir Suid-Afrika se reeds kommerwekkende hoë werkloosheidsyfer.

Die hoofwysigings aan die tydelike indiensnemingsektor behels die volgende:

  1. Tydelike werkers sal slegs aangestel mag word vir tydperke van 6 maande of minder. Sou die werknemer vir ‘n tydperk van langer as 6 maande aangestel word, sal so ‘n werker geag word as aangestel te wees vir ‘n onbepaalde tydperk. Die voorgestelde wysigings maak ook slegs voorsiening vir vaste termyn dienskontrakte in beperkte omstandighede en sou die betrokke dienskontrak nie binne die bestek van hierdie toegelate omstandighede val nie, word skriftelike redes vir die verlenging van tydelike dienskontrakte vir jou werkers vereis. 
  2. Hierdie tydelike werkers sal nou ook geregtig wees op dieselfde voordele, vergoeding en behandeling asof hulle permanente werknemers is.

Alhoewel die doel van hierdie wysigings om gelykheid en sekuriteit in die arbeidsmark te bewerkstellig lofwaardig is, kan die effek van die genoemde wysigings eerder die teenoorgestelde resultaat tot gevolg hê deur die koste van tydelike werkers so te verhoog dat die gebruik van tydelike werkers in effek al minder oorweeg sal word. Hierdie tydelike werkers sal gevolglik uitgesluit word uit die mededingende arbeidsmark en werkgewers sal van alternatiewe metodes begin gebruik maak om daardie poste te vul en hul behoeftes aan te spreek.

‘n Voorbeeld van die gevolge van hierdie wysigings in praktyk kan wees waar ‘n boer, wat normaalweg gebruik sou maak van ‘n groot aantal tydelike werkers gedurende die oes-tydperk, eerder ‘n paar ekstra permanente werknemers aanstel as om van tydelike werkers gebruik te maak, weens die hoë kostes verbonde aan die indiensneming van hierdie tydelike werkers aangesien hullein effek dieselfde gaan kos as permanente aanstellings.

Die nuwe arbeidswysigings kan ‘n grootskaalse invloed hê op die arbeidsmark en spesifiek op die tydelike indiensnemingsektor. Die wysigingswette is nog nie gefinaliseer nie, maar neem kennis van die potensiële impak hiervan vir jou besigheid en begin nou reeds beplan hoe om die situasie aan te spreek indien die wetgewing wel in huidige formaat uitgevaardig sou word.

August 21, 2012
When agreements have limits

When agreements have limits

Maintenance agreements in South Africa have become increasingly popular between parents of minor children as a means of regulating their respective maintenance obligations outside of court. These agreements are a useful tool, allowing parents to exercise a degree of contractual freedom. However, their provisions remain subject to statutory regulation and the overarching principle that contracts must conform to public policy.

Fee or tax? The court decides

Fee or tax? The court decides

With effect from 1 July 2025, the City of Cape Town introduced three new charges on residential rate bills. These charges were challenged by the South African Property Owners’ Association (SAPOA) and AfriForum, who argued that they were unlawful and improperly calculated. The dispute culminated in court applications seeking declaratory orders that the charges were invalid because they were inconsistent with the Constitution, national legislation, and the City’s own By-Laws.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest