Is u maatskappy se MOI in plek?

Die nuwe Maatskappywet, Wet 71 van 2008 (die “Wet”), het in werking getree op 1 Mei 2011. Die Wet bring grootskaalse wysigings aan die bestaande maatskappyreg tot stand deurdat die Suid-Afrikaanse dispensasie weg beweeg van ‘n oorwegend Engelsregtelike benadering en ‘n meer Amerikaanse benadering volg.

Die nuwe Maatskappywet, Wet 71 van 2008 (die “Wet”), het in werking getree op 1 Mei 2011.

Die Wet bring grootskaalse wysigings aan die bestaande maatskappyreg tot stand deurdat die Suid-Afrikaanse dispensasie weg beweeg van ‘n oorwegend Engelsregtelike benadering en ‘n meer Amerikaanse benadering volg.

Een van die belangrikste wysigings wat die Wet tot gevolg het is die bekendstelling en implementering van die nuwe Akte van Oprigting of sogenaamde Memorandum of Incorporation (die “MOI”).

Die MOI vervang die statute en akte van oprigting (“grondwetlike dokumente”) van alle maatskappye soos vereis in terme van die ou wet en word die MOI voortaan ‘n vereiste vir elke nuwe maatskappy registrasie.

Die Wet bepaal verder ook dat alle maatskappye wat voor 1 Mei 2011 geregistreer is vereis word om hul bestaande grondwetlike dokumente met die MOI te vervang binne twee jaar na 1 Mei 2011 om te verhoed dat bepalings in hul huidge akte en statute wat teenstrydig is met die Wet moontlik as ongeldig beskou mag word.

Die MOI sal verder ook voorkeur geniet bo enige aandeelhouersooreenkomste wat maatskappye voor 1 Mei 2011 in plek gehad het. Dit is dus baie belangrik om sodanige ooreenkomste te laat hersien en wysig (indien nodig) voor die afsnydatum van 30 April 2013 om teenstrydigheid tussen die aandeelhouersooreenkomste en die Wet te voorkom.

Alle primêre korporatiewe bestuursaangeleenthede van ‘n maatskappy moet in sy MOI gereël word, wat die MOI dus posisioneer as die primêre bestuursdokument van ‘n maatskappy.

Alle maatskappye word aangeraai om so gou doenlik ‘n MOI in plek te kry en ook te kyk na hul bestaande aandeelhouersooreenkomste ten einde nakoming met die bepalings van die Wet betyds te verseker.

February 6, 2012
Navigating financial emigration

Navigating financial emigration

In recent years, South Africa has seen a notable rise in financial emigration. This shift comes with significant tax implications, as individuals who cease to be tax residents must navigate complex regulations and financial considerations. Understanding these implications is crucial for anyone considering this move. Financial emigration refers to the formal process by which South African taxpayers alter their tax residency status, change their status with the South African Reserve Bank (SARB) for exchange control purposes and relocate their financial assets to other countries. This often involves transferring wealth, investments, and retirement funds offshore. The South African Revenue Services now mainly oversees this process, allowing individuals to terminate their tax residency in South Africa while effectively transferring their finances overseas.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest