Is u maatskappy se MOI in plek?

Die nuwe Maatskappywet, Wet 71 van 2008 (die “Wet”), het in werking getree op 1 Mei 2011. Die Wet bring grootskaalse wysigings aan die bestaande maatskappyreg tot stand deurdat die Suid-Afrikaanse dispensasie weg beweeg van ‘n oorwegend Engelsregtelike benadering en ‘n meer Amerikaanse benadering volg.

Die nuwe Maatskappywet, Wet 71 van 2008 (die “Wet”), het in werking getree op 1 Mei 2011.

Die Wet bring grootskaalse wysigings aan die bestaande maatskappyreg tot stand deurdat die Suid-Afrikaanse dispensasie weg beweeg van ‘n oorwegend Engelsregtelike benadering en ‘n meer Amerikaanse benadering volg.

Een van die belangrikste wysigings wat die Wet tot gevolg het is die bekendstelling en implementering van die nuwe Akte van Oprigting of sogenaamde Memorandum of Incorporation (die “MOI”).

Die MOI vervang die statute en akte van oprigting (“grondwetlike dokumente”) van alle maatskappye soos vereis in terme van die ou wet en word die MOI voortaan ‘n vereiste vir elke nuwe maatskappy registrasie.

Die Wet bepaal verder ook dat alle maatskappye wat voor 1 Mei 2011 geregistreer is vereis word om hul bestaande grondwetlike dokumente met die MOI te vervang binne twee jaar na 1 Mei 2011 om te verhoed dat bepalings in hul huidge akte en statute wat teenstrydig is met die Wet moontlik as ongeldig beskou mag word.

Die MOI sal verder ook voorkeur geniet bo enige aandeelhouersooreenkomste wat maatskappye voor 1 Mei 2011 in plek gehad het. Dit is dus baie belangrik om sodanige ooreenkomste te laat hersien en wysig (indien nodig) voor die afsnydatum van 30 April 2013 om teenstrydigheid tussen die aandeelhouersooreenkomste en die Wet te voorkom.

Alle primêre korporatiewe bestuursaangeleenthede van ‘n maatskappy moet in sy MOI gereël word, wat die MOI dus posisioneer as die primêre bestuursdokument van ‘n maatskappy.

Alle maatskappye word aangeraai om so gou doenlik ‘n MOI in plek te kry en ook te kyk na hul bestaande aandeelhouersooreenkomste ten einde nakoming met die bepalings van die Wet betyds te verseker.

February 6, 2012
When agreements have limits

When agreements have limits

Maintenance agreements in South Africa have become increasingly popular between parents of minor children as a means of regulating their respective maintenance obligations outside of court. These agreements are a useful tool, allowing parents to exercise a degree of contractual freedom. However, their provisions remain subject to statutory regulation and the overarching principle that contracts must conform to public policy.

Fee or tax? The court decides

Fee or tax? The court decides

With effect from 1 July 2025, the City of Cape Town introduced three new charges on residential rate bills. These charges were challenged by the South African Property Owners’ Association (SAPOA) and AfriForum, who argued that they were unlawful and improperly calculated. The dispute culminated in court applications seeking declaratory orders that the charges were invalid because they were inconsistent with the Constitution, national legislation, and the City’s own By-Laws.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest