Kredietverskaffer: Het jy genoeg inligting oor die skuldenaar om die skuld in te vorder?

Aanwysers toon dat die mikro-leen bedryf die afgelope paar jaar aansienlik gegroei het. Aan die anderkant toon aanwysers ook dat die aantal verbruikers wat slegte kredietrekords het en die aantal verbruikers wat hulself onder skuldberading plaas ook aansienlik gegroei het.

Aanwysers toon dat die mikro-leen bedryf die afgelope paar jaar aansienlik gegroei het. Aan die anderkant toon aanwysers ook dat die aantal verbruikers wat slegte kredietrekords het en die aantal verbruikers wat hulself onder skuldberading plaas ook aansienlik gegroei het. Ten spyte hiervan maak formele en informele kredietooreenkomste steeds ʼn groot deel uit van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Hierdie ooreenkomste wissel van eenvoudige lenings vir klein bedrae tussen privaat individue, tot insidentele kredietooreenkomste voortspruitend uit transaksies tussen ʼn besigheid en sy kliënte waar dienste of goedere op krediet gelewer word, tot ingewikkelde leningsooreenkomste verskaf deur banke. Met so ‘n magdom kredietooreenkomste wat daagliks gesluit word is dit baie belangrik dat die kredietverskaffer kwaliteit inligting rakende sy skuldenaars verkry indien dit nodig sou word om die skuld in te vorder waar ‘n skuldenaar op ʼn latere stadium versuim om aan die bepalings van die kredietooreenkoms te voldoen.

Dit is verstaanbaar dat krediteure sukses met die verhaal van uitstaande skuld meet aan die hand van gelde gevorder teenoor gelde betaal aan prokureurs en skuldinvorderingsagente. Wat egter dikwels nie besef word nie is dat die sukses van die skuldinvordering afhang van die kwaliteit van die inligting waroor die krediteur ten opsigte van elk van sy skuldenaars besit.

Die inligting beskikbaar ten opsigte van ‘n skuldenaar het ʼn groot invloed op die omdraaitye vir die invordering van die skuld. Hoe minder inligting aangaande die skuldenaar beskikbaar is hoe meer tydrowend word dit vir die invorderingsagent of prokureur om die inligting bymekaar te maak, die skuldenaar op te spoor en die skuld in te vorder. Sedert die inwerkingtreding van die Nasionale Kredietwet en die onlangse Verbruikersbeskermingswet moet daar aan sekere vereistes voldoen word alvorens daar begin kan word met formele skuldinvordering. Indien maatreëls wat aan hierdie vereistes voldoen, nie in plek is nie, kan dit die skuldinvorderingsproses verder vertraag.

Die doel is om soveel inligting as moontlik rakende die skuldenaar te verkry ten einde te bepaal waarop wettig beslag gelê kan word om uitstaande skuld te delg. Dit is ook belangrik om soveel moontlike inligting te bekom om te bepaal of die skuldenaar die skuld kan bekostig (d.w.s. die netto waarde of inkomste van die skuldenaar) ten einde betaling te verseker.

Die volgende kan beskou word as noodsaaklike inligting vir die skuldinvorderingsproses:

  • Volle name van die skuldenaar en die skuldenaar se identiteitsnommer waar ‘n natuurlike persoon, of die volle name en identitetsnommers van die maatskappy se direkteure sowel as die maatskappy se registrasienommer waar die skuldenaar ʼn maatskappy of ʼn ander tipe regspersoon is.
  • Alle kontakbesonderhede van die skuldenaar, waarby ingesluit is die selfoonnommer, huisnommer en werknommer, posadres en baie belangrik, die fisiese adres.
  • Die werk- of besigheidsadres van die skuldenaar, en indien moontlik, ‘n versoek aan die skuldenaar om ʼn adres te kies en te verskaf waarheen jy kennisgewings ten opsigte van die transaksie gestuur kan word, asook ‘n versoek vir kontakbesonderhede van twee familielede of vriende van die skuldenaar.
  • Die skuldeiser moet verder ook inligting tot sy bevrediging bekom dat die skuldenaar instaat sal wees om die skuld te betaal. Die ondersoek moet die feite vasstel wat verband hou met die skuldenaar se kredietrekord, dit kan ook baie maklik verkry word met behulp van internet programme wat gekoppel is aan die verskeie kredietburos; die inkomste van die skuldenaar en wanneer dit betaalbaar is; die skuldenaar se roerende en onroerende bates en inligting rakende die skuldenaar se skuldenaars (d.w.s. mense wat die skuldenaar geld skuld).
  • Dit sal ʼn skuldeiser baat om te verseker dat die skuldenaar, as deel van die kredietaansoek, ʼn erkenning van skuld onderteken om die invordering van skuld te bespoedig. So ʼn dokument kan die struikelblokke help verminder wat die krediteur moet oorkom om die skuld wettig in te vorder.

Die bogenoemde inligting is goeie raad wat ‘n kredietverskaffer kan gebruik om sy risikos wat verband hou met kredietooreenkomste te beheer en te beperk. Hoe groter die transaksie, hoe groter is die risiko en hoe groter is die belang vir die krediteur om die bogenoemde stappe te volg ten einde homself te beskerm teen ʼn skuldenaar wat nie betaal nie.

Dit word aanbeveel dat eienaars van besighede wat gereeld kredietooreenkomste sluit, ʼn regspraktisyn raadpleeg om te verseker dat standaard dokumente wat deur hulle kliënte en verbruikers voltooi word, die bogenoemde inligting vereis en deur die skuldenaar onderteken word om sodoende te help met enige invordering van skuld wat op ʼn latere stadium vereis mag word.

April 17, 2012
Culture vs style: When workplace dress codes cross the line

Culture vs style: When workplace dress codes cross the line

Dress codes are a familiar part of many workplaces, yet employers often fail to calibrate how far they are allowed to go in regulating employee personal appearance. While employers may enforce standards of neatness, safety and professionalism, these rules cannot override constitutional rights, nor can they operate in a discriminatory manner. A recent reminder of this emerged from the Supreme Court of Appeal, where the court had to consider the fairness of dismissing correctional officers for refusing to cut their dreadlocks, contrary to the employer’s dress code.

Competition Commission guidelines on confidential information

Competition Commission guidelines on confidential information

The Competition Commission of South Africa (“Competition Commission”) identified a need to guide merger parties and stakeholders on claiming confidentiality over information. In September 2025, the Competition Commission issued Guidelines on the Commission’s handling of confidential information (“Guidelines”), which, however, are not binding on the Competition Commission, the Competition Tribunal or the Competition Appeal Court, but must be taken into account by these authorities when interpreting and applying the Competition Act 89 of 1998 (“Competition Act”).

Termination of joint ownership, rights in question: PIE Act explained

Termination of joint ownership, rights in question: PIE Act explained

In a recent Western Cape court case where the court ordered the termination of joint ownership of properties, an interesting question arose as to whether the termination of joint ownership did not amount to an eviction contrary to the Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land Act, 19 of 1998 (PIE Act)? We look at the requirements for the termination of joint ownership by our courts and whether this can infringe on the PIE Act.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest