Grondeise: Wat elke koper moet weet

Elke boer se plaas is sy besigheid, sy trots, sy heenkome en dikwels sy nalatenskap vir sy kinders. Dus vereis enige besluit daaromtrent gesonde oordeel en dat risiko’s so gou as moontlik bekend gemaak en aangespreek word. Meeste boere en grondeienaars is bewus van die aard van ‘n grondeis en dat die betrokke wetgewing bepaal het dat 31 Desember 1998 die afsnydatum vir die instelling van grondeise was, waarvan vele nog onbeslis lê. Wat boere nie noodwendig weet nie is waarvoor om te kyk voor die aangaan van ‘n kooptransaksie ten einde te verseker dat hulle voldoende beskerm is teen ‘n grondeis wat later sy kop mag uitsteek.

Die kooptransaksie om die betrokke stuk grond te bekom, moet by wyse van ‘n koopooreenkoms aangegaan word om sodoende geldig en afdwingbaar te wees. Hierdie ooreenkoms sal die basis van die kooptransaksie wees en sal gevolglik as die belangrikste dokument dien waarvan die inhoud noukeurig nagegaan moet word. Weens die belangrikheid van die koopooreenkoms word dit ten sterkste aanbeveel dat ‘n prokureur sodanige dokument opstel.

‘n Klousule van uiterse belang in die koopooreenkoms is die “waarborge en vrywarings” klousule waarin die verkoper sekere inligting aan jou (die koper) in goeie trou openbaar ten einde jou gerus te stel dat die koop nie ‘n skyntransaksie uitmaak of tot die verkoper se eensydige voordeel aangegaan word nie. Dit is belangrik dat die verkoper die volgende waarborge rondom veral grondeise skriftelik, hetsy vrywilliglik of op aanvraag, aan jou voorsien ten einde die nodige sekerheid te verkry dat die koop in goeie trou geskied:

  1. Dat geen gedeelte van die eiendom onteien is nie.
  2. Dat geen eis vir die herstel van enige grondreg, ten opsigte van die eiendom, insluitende dié van huurarbeiders, bywoners, gemeenregtelike belanghebbendes, trust begunstigdes of voordelige okkupeerders, ingestel is nie.
  3. Dat die streekgrondeisekommissaris geen kennisgewing ten opsigte van sodanige grondeis ingevolge die Wet op Herstel van Grondregte 22 van 1994 gepubliseer het nie.

Verder kan vrywarings wat betrekking het op moontlike regte deur huurarbeiders, plaaswerkers, okkupeerders en ander informele regte op die grond ook ingebring word om beskerming te verleen rondom ander aspekte wat die gebruik van die grond mag affekteeer.

Die waarborg wat handel met die streekgrondeisekommissaris is die kern kwelpunt waarvan min voornemende, dikwels gesoute boere, of grondeienaars bewus is. Meeste mense is onder die indruk dat sodra ‘n grondeis ingestel word teen ‘n betrokke eiendom, die eiendom nie verder ontwikkel óf verkoop kan word nie, wat in beginsel korrek is. Waarvan hul egter nie bewus is nie, is dat sodanige verkoop of ontwikkelling van die eiendom wél kan geskied indien die nodige skriftelike kennisgewing aan die streekgrondeisekommissaris gegee word een maand voordat sodanige voorneme verwesenlik word. Na sodanige kennisgewing aan die streekgrondeisekommissaris gegee is kan die verkoper voortgaan om die eiendom wettiglik te verkoop terwyl die koper onbewus kan wees van die feit dat eiendom gekoop word waarteen ‘n grondeis ingestel is, veral as die bogemelde klousules ontbreek in die koopooreenkoms.

Gevolglik is dit van kardinale belang dat jy as koper die nodige voorsorg tref om te verseker dat voldoende waarborge deur die verkoper gegee word in terme van die koopooreenkoms om sodoende die spyt en jare lange opskorting van ontwikkelling opsy te skuif en te verseker dat die uitbreiding van jou plaas en nalatenskap die aanwins is wat dit behoort te wees.

October 25, 2013
Customary and Civil marriages are equal, says Constitutional Court

Customary and Civil marriages are equal, says Constitutional Court

The Constitutional Court has recently delivered a significant judgment reaffirming that customary marriages and civil marriages hold equal legal status. Importantly, the Court clarified the implications and validity of antenuptial contracts within the context of customary marriages.

CSOS or Court? The choice is yours

CSOS or Court? The choice is yours

The recent judgment in Parch Properties 72 (Pty) Ltd v Summervale Lifestyle Estate Owner’s Association and Others 2026 (1) SA 449 (SCA) (17 October 2025) has brought welcome clarity to the long‑standing question of whether the Community Schemes Ombud Service Act 9 of 2011 (CSOS Act) limits the jurisdiction of the High Court.

Hurt feelings ≠ Constructive dismissal

Hurt feelings ≠ Constructive dismissal

Constructive dismissal was incorporated into South African labour law in the 1980s and later codified in the Labour Relations Act 66 of 1995 (“LRA”). In terms of section 186(1)(e) of the LRA, an employee may resign, whether with or without notice, and claim unfair dismissal on the basis that their continued employment had become intolerable. Although the concept can be difficult to apply in practice, the Constitutional Court has clarified its meaning and reaffirmed its role within our law.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest