Nuwe wet beskerm jou persoonlike inligting

Jou eerste dagtaak op kantoor voordat jy met jou werk kan begin is om die magdom “spam” van jou inkomende eposse uit te vee wat oornag ingekom het. Om nie eers te praat van die onwelkome oproepe en sms’e van tele-bemarkers wat dienste aan jou wil smous van maatskappye wat jy nog nooit eers van gehoor het nie. En ironies genoeg, hierdie teistering begin dikwels kort nadat jy ‘n nuwe verbruikerskontrak gesluit het waarin jy spesifiek versoek dat jy nie gekontak moet word vir bemarking nie!

As hierdie situasie aan jou welbekend is mag jy verlig wees om te weet dat daar ‘n nuwe Wet oppad is wat besighede aan bande gaan lê wat ons persoonlike inligting na harte lus gebruik en verkoop sonder ons wete of toestemming.

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting behoort in die nabye toekoms die lig te sien en is die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Een van die doelstellings van die Wet is om die wyse waarop persoonlike informasie geprosesseer en gestoor word te reguleer en om diegene te straf wat nie die Wet nakom nie.

Hoe sal hierdie Wet jou beskerm?

  • Elke besigheid wat met persoonlike inligting werk is verplig om ‘n persoon in sy geledere aan te stel wat moet skakel met die reguleringsowerheid om te verseker dat die besigheid sy pligte in terme van die Wet nakom. Indien ‘n persoon nie intern genomineer word nie, mag die verpligting toeval aan die hoof van die besigheid wie aan die pen mag ry indien die besigheid nie sy verpligtinge nakom nie.
  • Diegene wat die Wet oortree staan die kans om ‘n boete of tronkstraf van tot 10 jaar of beide te ontvang.
  • Indien jy nie ‘n bestaande kliënt is van ‘n besigheid nie, moet jy vooraf toestemming gee voordat daardie besigheid jou persoonlike inligting kan insamel en daarmee kan handel.
  • Jou persoonlike informasie mag ook net gebruik word vir die doel waarvoor jy dit beskikbaar stel. As jy dus “ge-FICA” word, mag die besigheid nie daardie informasie gebruik vir toekomstige bemarking aan jou nie.
  • Die betrokke besigheid moet sekuriteitsmaatreëls instel om persoonlike inligting te beskerm teen verlies, skade en/of onregmatige toegang. Hierdie gaan druk plaas op besighede om te verseker dat kliëntelyste en inligting nie ‘gelek’ of verkoop word aan derde partye wat daardie inligting vir bemarking wil gebruik nie.
  • Inligting mag slegs vir ‘n tydperk gehou word wat nodig is om die doel waarvoor dit ingesamel is te gebruik en besighede moet die inligting wettiglik vernietig.
  • Die Wet verbied die oordrag van persoonlike inligting na persone of entiteite in die buiteland. Die betrokke bepaling kan groot gevolge hê vir baie Suid-Afrikaanse besighede wat buitelandse maatskappye gebruik vir die storing of ‘hosting’ van hul data.
  • Besighede moet stappe neem om te verseker dat die persoonlike inligting wat gehou word volledig, akkuraat en nie misleidend is nie. Die informasie moet ook op datum wees met die heersende stand van sake van daardie betrokke kliënt. 

Dit is belangrik dat besighede wat met persoonlike inligting werk vroegtydig begin oorweging skenk aan hoe hierdie Wet hul sal affekteer en die stappe wat hul sal moet neem om te voldoen aan die Wet. Besighede sal spesifiek moet kyk na hul storingsmetodes en inligtingstegnologie prosedures rondom die hantering van persoonlike inligting.

Vir die verbruiker is daar nou nog ‘n wapen in die stryd teen ongeoorloofde kommunikasie en gebruik van jou persoonlike inligting en sal dit help om te verseker dat jy tyd aan jou werk kan spandeer en nie aan die hantering van ‘spam’ nie.

October 25, 2012
Checkmate for Pawn Agreements: How the Recent SCA Judgment Protects Consumers from Pawnbroker Profits

Checkmate for Pawn Agreements: How the Recent SCA Judgment Protects Consumers from Pawnbroker Profits

In a landmark judgment delivered on 9 April 2025, where VDT Attorneys acted on behalf of the National Credit Regulator, the South African Supreme Court of Appeal (the “SCA”) brought clarity to the rights and obligations of consumers and pawnbrokers when dealing with pawned goods. In the case of The Loan Company (Pty) Ltd v National Credit Regulator and Another (1104/2023) [2025] ZASCA 40, the SCA confirmed a critical principle, i.e. if a pawned asset is sold for more than the outstanding loan and lawful charges, the surplus must be refunded to the consumer. Pawnbrokers cannot lawfully keep the full sale proceeds. This ruling marks a major victory for consumer protection, reinforcing South Africa’s commitment to fairness in credit transactions.

Heritage Day: Reflections from a New Breed law firm

Heritage Day: Reflections from a New Breed law firm

On 24 September, we pause to take time off to commemorate Heritage Day, a day enshrined in both our public calendar and the Constitution. A constitutional affirmation of who we are, where we come from, and where we are headed as a nation. As a new breed law firm, we reflect on how the practice of law is intertwined with the heritage of the very people it serves.

Treasury halts controversial tax proposal on preference shares

Treasury halts controversial tax proposal on preference shares

Due to the potential adverse investment impact and stakeholder concerns on the proposed amendment to the definition of “hybrid equity instrument” in the 2025 draft Taxation Laws Amendment Bill (“Bill”), the proposed amendment has been retracted. On 03 September, the National Treasury issued a media statement retracting the proposal to redefine hybrid equity instruments, which has been a relief to all stakeholders.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest