Is kontrakte nog die papier werd waarop dit geskryf is?

Ons Suid-Afrikaanse reg bepaal dat wanneer ‘n kontrak tussen twee partye aan al die vereistes van ‘n geldige kontrak voldoen die partye gebonde is aan die regte en verpligtinge vervat in die betrokke kontrak. Hierdie beginsel, genaamd die pacta sunt servanda beginsel bepaal dat partye gebonde gehou word aan ‘n kontrak wat vrylik en vrywilliglik gesluit is. Die vraag onstaan egter of die bepalings van billikheid en geregtigheid wat deur ons Grondwet daargestel word hierdie absolute beginsel van kontrakteervryheid nietig maak.

Die pacta sunt servanda beginsel is afkomstig van die ou Hollandse reg en het so ver gegaan om te bepaal dat ‘n skuldenaar wat nie gehou het by die terme van sy kontrak en sy skuld betaal het nie, arresteer kon word, of die kontrak nou redelik was of nie! Hierdie beginsel van absolute kontrakteervryheid is oorgeneem in ons reg. Omdat hierdie beginsel in die verlede absoluut deur ons howe toegepas is vir redes van regsekerheid, is dit al by gevalle gesien as ‘harde reg’. Dit bly egter staan dat hierdie beginsel die kern vorm van ons hedendaagse kontraktereg. In SA Sentrale Ko-Op Graanmaatskapppy Bpk v Shifren en Andere, word die pacta sunt servanda beginsel as ‘n grondliggende algemene beginsel bestempel wat bepaal dat kontrakte wat vrylik en in alle erns deur bevoegde persone aangegaan is, in die openbare belang afgedwing moet word.

Met die inwerkingtreding van ons Grondwet wat dit verpligtend maak om aspekte van billikheid en geregtigheid in ag te neem met die toepassing van ons reg, onstaan die vraag wel hoe mens hierdie beginsel van kontrakteervryheid moet balanseer met die fundamentele regte van ons Grondwet. Is dit ‘n geval dat ‘n eensydige ooreenkoms nou ongeldig verklaar kan word omdat dit nie as ‘billik’ of ‘regverdig’ beskou kan word nie? Hierdie is nie ‘n maklike vraag om te beantwoord nie en die antwoord lê grotendeels by hoe ons howe hierdie balanseringsproses hanteer.

Sedert 1994 lê ons howe in die algemeen, met reg, baie meer klem op fundamentele regte soos redelikheid, billikheid en gelykheid. Ten opsigte van die pacta sunt servanda beginsel slaan ons howe wel ag op fundamentele regte, maar gebruik dit slegs as ‘n oorwegende faktor in die oorweging of ‘n ander interpretasie van die kontrak aan gehoor gegee kan word, en bly die beginsel van kontrakteervryheid steeds van groter belang. Kontrakte wat dus in vrye wil gesluit is, sal afdwingbaar wees al is dit nie altyd billik, regverdig en in die gemeenskap se belang nie. Slegs waar vrae oor interpretasie of die moontlikheid om prestasie af te dwing ge-opper word sal die Grondwet gebruik word om te bepaal of dit regverdig en billik sou wees.

‘n Man moet dus gebonde bly aan sy woord soos vervat in die kontraktuele ooreenkoms deur hom onderteken. Daarom, indien dit nie onmoontlik is om te presteer nie, en met die inherente waardes van ons samelewing soos beskerm word deur die Grondwet in gedagte, bly die pacta sunt servanda beginsel steeds in ons reg van krag en is jou kontrak nog geldig en afdwingbaar.

March 6, 2014
Customary and Civil marriages are equal, says Constitutional Court

Customary and Civil marriages are equal, says Constitutional Court

The Constitutional Court has recently delivered a significant judgment reaffirming that customary marriages and civil marriages hold equal legal status. Importantly, the Court clarified the implications and validity of antenuptial contracts within the context of customary marriages.

CSOS or Court? The choice is yours

CSOS or Court? The choice is yours

The recent judgment in Parch Properties 72 (Pty) Ltd v Summervale Lifestyle Estate Owner’s Association and Others 2026 (1) SA 449 (SCA) (17 October 2025) has brought welcome clarity to the long‑standing question of whether the Community Schemes Ombud Service Act 9 of 2011 (CSOS Act) limits the jurisdiction of the High Court.

Hurt feelings ≠ Constructive dismissal

Hurt feelings ≠ Constructive dismissal

Constructive dismissal was incorporated into South African labour law in the 1980s and later codified in the Labour Relations Act 66 of 1995 (“LRA”). In terms of section 186(1)(e) of the LRA, an employee may resign, whether with or without notice, and claim unfair dismissal on the basis that their continued employment had become intolerable. Although the concept can be difficult to apply in practice, the Constitutional Court has clarified its meaning and reaffirmed its role within our law.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest