Kan ek my Trustakte wysig?

‘n Trust is ‘n ooreenkoms tussen die oprigter van die trust en die trustees van die trust ten behoewe van ‘n derde, naamlik die begunstigde(s) van die trust. Anders as ‘n maatskappy word ‘n trust nie opgerig in terme van wetgewing nie, maar deur middel van die trustakte van die trust, wat dien as die stigtingsdokument.

‘n Trust is ‘n ooreenkoms tussen die oprigter van die trust en die trustees van die trust ten behoewe van ‘n derde, naamlik die begunstigde(s) van die trust. Anders as ‘n maatskappy word ‘n trust nie opgerig in terme van wetgewing nie, maar deur middel van die trustakte van die trust, wat dien as die stigtingsdokument. In wese neem dit dus die vorm van ‘n kontraktuele ooreenkoms aan tussen die eersgenoemde partye.

Die trustees van ‘n trust is slegs geregtig om met die trust te handel volgens die bepalings vervat in die trustakte en moet daar dus na die trustakte gekyk word vir leiding rondom hoe die trustakte gewysig kan word indien daardie behoefte sou onstaan. Byvoorbeeld, die trustakte verhoed die trustees om vaste eiendom te koop, maar die hoofdoel waarvoor die trust gestig was is juis hiervoor. Duidelik sal die trustake gewysig moet word om voorsiening te kan maak vir hierdie doel.

In die algemeen is daar drie maniere om ‘n trustakte te wysig:

Opsie 1
Die oprigter en trustees onderteken ‘n wysigingsooreenkoms waarin die voorgestelde wysigings vervat word. In gevalle waar ‘n begunstigde reeds voordele in terme van die trustakte ontvang het, word hy geag ‘n party tot die aanvanklike ooreenkoms te wees, en moet hy dus ook ‘n party tot die voorgestelde wysigingsooreenkoms wees.

Dit is belangrik dat al die aanvanklike partye tot die trustakte moet toestem tot so ‘n wysiging. Waar die oprigter van die trust reeds oorlede is, sal ‘n mens nie die trustakte op hierdie manier kan wysig nie.

Opsie 2
Die trustakte word gewysig kragtens die wysigingsklousule vervat in die trustakte. Gewoonlik bepaal sodanige wysigingsklousule hoe die wysiging van die trustakte moet geskied. Hierdie wysigingsklousule verskil van trust tot trust en sal pertinent gekyk moet word na die reëlings van ‘n spesifieke trustakte.

Indien die trustakte nie beskik oor ‘n wysigingsklousule nie sal die trustakte deur middel van een van die ander twee wyses hier bespreek gewysig moet word.

Opsie 3
Die trustakte word gewysig deur middel van ‘n hofaansoek. Wysiging deur ‘n hofaansoek sal die gepaste opsie wees waar beide Opsie 1 (die oprigter is miskien reeds oorlede) en Opsie 2 (die trustakte bevat geen wysigingsklousule) nie gebruik kan word om die trustakte te wysig nie.

Dit is belangrik om kundige regsadvies by die aanvanklike opstel van ‘n trustakte in te win om te verseker dat die trustakte reg opgestel word, met geldige en uitvoerbare bepalings en om toekomstige probleme by die wysiging van die trustakte uit te skakel.

March 19, 2012
When ads take flight… and cross the line

When ads take flight… and cross the line

On 13 March 2026, the Advertising Regulatory Board (“ARB”) ruled that a South African TikTok advertisement by Checkers Sixty60 was misleading. This decision highlights the broader legal framework governing advertising in South Africa, including both statutory protections and industry-led self-regulation.

Smarter contracts for better infrastructure

Smarter contracts for better infrastructure

After years of reliance on the 2015 edition of the General Conditions of Contract for Construction Works (“GCC 2015”), the South African Institution of Civil Engineering introduced a new edition in September 2025 (“GCC 2025”). This updated framework aims to improve clarity, promote fairness, and enhance efficiency in the construction industry.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest