Deel 1: Kan ek my huis verkoop aan ‘n buitelander woonagtig in Suid-Afrika?

Die Franse paartjie is vir ten minste die volgende twee jaar woonagtig in Suid-Afrika weens die man se aanstelling as streeksbestuurder van die nuwe Afrika-been van sy Franse maatskappy. Jou huis is in die mark en hulle wil dit graag huur of moontlik selfs koop, hulle geld is beskikbaar en die maatskappy gaan vir die trek betaal.

Is dit so maklik? Kan jy sommer net jou huis verhuur of verkoop aan hierdie buitelanders? Sal die transaksie geldig wees en is daar spesifieke vereistes vir so ‘n transaksie? Die antwoorde op hierdie vrae is van groot belang vir verhuurders en verkopers wat buitelandse huurders of kopers in gedagte het.

`n Buitelander woonagtig in Suid-Afrika se reg om onroerende eiendom te koop was voorheen beperk deur die Wet op die Beheer van Vreemdelinge. Hierdie beperkings is egter opgehef in 2003 deur die nuwe Immigrasie Wet (die “Wet”) wat die Wet op die Beheer van Vreemdelinge en baie van die beperkende bepalings daarin vervat, herroep het. Die nuwe Wet definieer nou wie kwalifiseer as `n wettige buitelander woonagtig in Suid-Afrika en wie nie. In kort, `n wettige buitelander is `n persoon wat in besit is van `n geldige tydelike verblyfpermit of permanente verblyfpermit wat goedgekeur is deur die Departement van Binnelandse Sake.

Die nuwe Wet maak voorsiening vir verskeie tydelike verblyfpermitte wat aan buitelanders uitgereik kan word om in Suid-Afrika te woon, insluitend die volgende:

• `n Besoeker permit
• `n Werks- en entrepreneuriese permit
• `n Afgetrede persoon permit

In beginsel kan `n verhuuder of verkoper wettiglik onroerende eiendom aan `n buitelander verhuur of verkoop wat ingevolge die Wet as `n wettige buitelander kwalifiseer en met die nodige permit in Suid-Afrika woon.

Belangrik, indien `n buitelander wat nie woonagtig in Suid-Afrika is nie, finansiering moet bekom om onroerende eiendom in Suid-Afrika te koop, mag hy/sy slegs 50% van die totale koopprys by `n Suid-Afrikaanse finansiële instansie leen.

Waar buitelanders, soos die Fransie paartjie, met `n wettige werkspermit in Suid-Afrika werk word hulle deur die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank geag “inwoners” te wees vir die duur van die werkspermit en word hulle dus nie beperk tot `n lening van slegs 50% van die koopprys vanaf `n Suid-Afrikaanse finansiële instansie nie.

Dit is ook belangrik om te let dat die Wet die verhuring of verkoop van onroerende eiendom aan `n onwettige buitelander kriminaliseer deur dit gelyk te stel aan die verlening van hulp en bystand aan `n onwettinge buitelander wat deur die Wet geklassifiseer word as `n kriminele oortreding.

Ter samevatting, `n wettige buitelander woonagtig in Suid-Afrika mag onroerende eiendom in Suid-Afrika huur of koop op voorwaarde dat hy/sy die houer is van `n geldige tydelike verblyfpermit of permanente verblyfpermit wat goedgekeur is deur die Departement van Binnelandse Sake. Maak dus seker dat jy `n potensiële huurder of koper wat in jou eiendom wil bly vra of hy/sy wettiglik in Suid-Afrika is en verkry die nodige bewyse van hom/haar alvorens jy voortgaan met die transaksie.

September 27, 2012
When ads take flight… and cross the line

When ads take flight… and cross the line

On 13 March 2026, the Advertising Regulatory Board (“ARB”) ruled that a South African TikTok advertisement by Checkers Sixty60 was misleading. This decision highlights the broader legal framework governing advertising in South Africa, including both statutory protections and industry-led self-regulation.

Smarter contracts for better infrastructure

Smarter contracts for better infrastructure

After years of reliance on the 2015 edition of the General Conditions of Contract for Construction Works (“GCC 2015”), the South African Institution of Civil Engineering introduced a new edition in September 2025 (“GCC 2025”). This updated framework aims to improve clarity, promote fairness, and enhance efficiency in the construction industry.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest