Deel 2: Kan ek my huis verkoop aan ‘n buitelander woonagtig buite Suid-Afrika?

Jou strandhuis is in die mark vir verkoop of verhuring. Die Franse paartjie het die advertensie op die internet gesien, kontak gemaak uit Frankryk en stel belang om jou strandhuis te koop of te huur vir vakansies in Suid-Afrika of selfs later in te woon indien die man se aanstelling as streeksbestuurder van die nuwe Afrika-been van sy Franse maatskappy realiseer. Is dit so maklik? Kan jy sommer net jou huis so oor die telefoon verhuur of verkoop aan hierdie buitelanders? Sal die transaksie geldig wees en is daar spesifieke vereistes vir so ‘n transaksie?

Die antwoorde op hierdie vrae is van groot belang vir verhuurders en verkopers wat buitelandse huurders of kopers in gedagte het.

In kort, die antwoord is ‘ja’ dit kan so maklik wees. Buitelanders se eiendomstransaksies is onderhewig aan dieselfde wetgewing en regulasies as Suid-Afrikaners se eiendomstransaksies. ‘n Buitelander het dus nie nodig om fisies in Suid-Afrika teenwoordig te wees om jou strandhuis te huur of te koop nie. 

Die koopprys van die eiendom kan deur die Franse paartjie in geheel met buitelandse fondse betaal word en is die enigste vereiste dat die buitelandse fondse in ‘n genomineerde Suid-Afrikaanse bankrekening inbetaal moet word. Hierdie bankrekening sal gewoonlik die trustrekening van die plaaslike oordragsprokureurs wees. Waar ‘n buitelander egter by ‘n plaaslike finansiële instelling finansiering wil aangaan vir die koop, is daar wel ‘n beperking dat slegs 50% van die totale koopprys by ’n Suid-Afrikaanse finansiële instelling geleen mag word.

Verder, indien die Franse paartjie die oordragsdokumente en verbanddokumente in Frankryk wil onderteken (buite die grense van Suid-Afrika) vereis ons reg dat die dokumente voor ‘n notaris van daardie land geteken moet word en dat die notaris se amp bevestig moet word deur die betrokke land se howe. Hierdie kan ‘n tydrowende proses wees waar die buitelanders nie by magte is om die dokumente in Suid-Afrika te kan onderteken nie. Hierdie addisionele vereistes is nie van toepassing op ‘n huurooreenkoms nie, omdat die ooreenkoms nie by die Aktekantoor registreer moet word nie.

Waar die Fransman se aanstelling later realiseer en hulle besluit om in jou strandhuis te woon, sal die paartjie se wettige verblyf hier onderworpe wees aan die Immigrasie Wet wat beteken dat hulle ‘n wettige permit moet verkry om in Suid-Afrika woonagtig te wees. Aangesien die koop of huur egter reeds gefinaliseer is, sal dit geen impak hê op die geldigheid van die voltooide koop of verhuring nie.

Ter samevatting, ‘n buitelander wat buite die grense van Suid-Afrika woonagtig is, mag eiendom in Suid-Afrika huur of koop. Die beperkings rakende plaaslike finansiering, veral waar die verkryging van finansiering `n opskortende voorwaarde van die ooreenkoms is, asook die vereistes vir ondertekening van dokumentasie in die buiteland, moet in gedagte gehou word aangesien dit tydrowend kan wees en addisionele kostes kan meebring voordat die eiendom registreer kan word.

September 27, 2012
Fee or tax? The court decides

Fee or tax? The court decides

With effect from 1 July 2025, the City of Cape Town introduced three new charges on residential rate bills. These charges were challenged by the South African Property Owners’ Association (SAPOA) and AfriForum, who argued that they were unlawful and improperly calculated. The dispute culminated in court applications seeking declaratory orders that the charges were invalid because they were inconsistent with the Constitution, national legislation, and the City’s own By-Laws.

Pay first… maybe not

Pay first… maybe not

For decades, the South African Revenue Service (“SARS”) has relied on the “pay now, argue later” rule as a cornerstone of tax administration. This principle permits SARS to collect disputed taxes before the underlying dispute has been resolved, often placing significant financial strain on taxpayers. While the rule serves an important fiscal purpose, it also raises critical questions regarding fairness, proportionality, and the limits of administrative discretion.

Sign up to our newsletter

Pin It on Pinterest